top of page

Duitsland, Skotland en Holland  

25 Mei – 7 Junie

Kom ontdek ‘n skrywerswêreld saam met Irma Joubert 

Irma Joubert.jpg
Pas Opkamp.jpg

Italië-Tunisië-Spanje-Frankryk-Italië

“Ek kan nie wag nie. Dis ‘n toer wat nog nooit plaasgevind het nie.” 

Spreerivier boot .webp
Eisbein.jpg

TOER  GEKANSELLEER

GEKANSELLEER

Hierdie toer in Duitsland, Skotland en Holland is hoegenaamd nie jou gewone toer nie. Ja, daar is vrye tyd en ook tyd om “gewone” toerdinge te doen soos interessante besoeke en lekker smul aan tradisionele eet- en drinkgoed…

Dit is veral ‘n hoogs unieke reis saam met een van Suid-Afrika se top skrywers. Sy gaan ons wys waar haar inspirasie vandaan kom en waar van haar storielyne gebore is…  

Irma het nie net ingestem om die toer te doen nie. Sy is bruisend opgewonde om ‘n klompie lesers saam te neem op ‘n werklikheids- en verbeeldingreis.  

Daarom gaan ons saam met Irma die plekke in Duitsland, Skotland en Holland opsoek waar sy haar karakters ontmoet en leer ken het. 

Ons eerste paar dae is in Hildegard, Oswald en Ilse Hess se Berlyn met, as ‘n stukkie lekkerte, ‘n bootvaart op die Spreerivier. 

Vandaar na Skotland waar ons in die tipiese ou Skotse dorpie, Eagelsham bly. Ons gaan kyk waar Charles tydens die oorlog by liewe Aunty Grace gewoon het, en waar Rudolf Hess se historiese vlug geëindig het. 

Dan Holland toe waar ons in Nunspeet bly, omring deur woude en op die oewer van die Veluwe-meer. Daar gaan ons onder meer die geheime dorp, Mentje se Pas-Opkamp, besoek. 

Ons gaan saam met Irma beleef hoe haar ryk verbeelding historiese feite omsit in heerlike fiksie. 

Maar alles is nie net oorlog en boeke en geskiedenis nie, daar is genoeg vrye tyd om ander eie herinneringe en lekkertes te gaan versamel. Dit sluit in Duitse bier en kosse of Skotse haggis in…vir die wat wil. En jy durf nie Holland verlaat sonder ‘n tradisionele Hollandse pannekoek of poffertjies nie.  

Ek is ook oortuig dat ons op ‘n paar plekke heerlike Europese markte sal raakkuier. 

Die wat Irma Joubert se boeke ken, weet presies van die raakvatkarakters, emosionele gebeure en tonele, en die entoesiasme waarmee Irma haar navorsing doen en dan in haar boeke weergee.

Haar oorlogstrilogie, Immer Wes, Mentje - kind van die Pas-Opkamp en Na ‘n plaas in Afrika, het lesers laat lag en huil. Die werklikheid van lewe, die seer en swaarkry wat uit die Tweede Wêreldoorlog voortgevloei het, strek regdeur al drie boeke. Kom ons gaan kyk en ervaar hoe Irma dit gedoen het.  

immerwes.jpg
na_n_plaas_in_afrika_irma_joubert.jpg
Pas-opkamp.jpg
bottom of page