Op ‘n Franse kanaalboot saam met Valiant Swart
7 - 17 Mei 2022
R39 950
11
dae
7 - 17 Mei 2022


Kom saam en ervaar ‘n vakansie wat te uniek en spesiaal is om te beskryf. Ons vaar met vier bote saam in ‘n konvooi. Daar is 6 mense op elke boot en elkeen van die drie kajuite het sy eie badkamer. Die Le Boat-bote is spoggerig met ‘n netjiese kombuis met stoof en yskas, en ‘n lekker kuierplek in die eetkamer-kombuis en veral bo-op die dek.
‘n Week lank vaar ons in die pragtige Burgundygebied, verby dorpies, stop ‘n paar keer per dag en stap rond of ry fiets, proe Franse wyn en kuier op ons boot se dek terwyl ons by die wêreld verby vaar: wingerde, landerye, chateau’s... Saans op die dek met ‘n glasie in die hand en geniet lekker kuier en gesels, terwyl die son ondergaan.
Ons is die kapteine van ons eie boot. Met elke vasmeer en deur elke sluis kry almal kans om hand by te sit. As jy wil kry jy ook kans om die boot te bestuur. Ons maak beurte om ligte aandete voor te berei. Ontbyt en middagetes is meer informeel.
INGESLUIT: AL DRIE drie selfmaaketes op die boot (ruim begroting), retoer- vliegkaartjies, een nag se hotelverblyf in Dijon met aandete en ontbyt, asook die bootvaart en busvervoer.
Hier ervaar ons die wêreld en Franse platteland op ‘n manier wat slegs ‘n handjievol Suid-Afrikaners al gedoen het… al droom byna almal daarvan… En dit saam met Valiant Swart. Marius du Plooy is die toerleier.


Koste: R39 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R44 950)
Toerprogram:
1 Aug - Son
Vertrek uit SA
2 Aug - Ma
Aankoms Parys en direk na St Jean de Losne – op boot
3 Aug - Di op die boot
Die ongelooflike week op die kanaalboot in die Burgundy-gebied, tussen St Jean de Losne en Louhans.
9 Aug - Ma
Af van boot en bus na Dijon.
Res van die dag vrye tyd in Dijon. Afsluit-ete saam.
10 Aug – Di
Oggend vrye tyd in Dijon. Vervoer na Parys vir terugvlug na SA
11 Aug - Wo
Aankoms SA
Ons koop elke dag vars baguette, kaas, wyn en ander voorraad van die omgewing om die spens aan te vul. Ons vaar saam in ‘n konvooi. Jy kan as individu saamgaan in jou eie kajuit, ‘n egpaar of twee vriende kan ‘n kajuit deel of meer vriende kan saam ‘n boot deel en saam met ons in konvooi vaar. Ons bestuur ons eie bote en geen lisensie is nodig nie. Jy word in 15 minute touwys gemaak. As deel van die ervaring moet jy soms help met die toue as ons deur die sluise gaan of waar ons moet vasmeer om deur die dorpies te kuier.
Om jou plek te verseker, vul asseblief dadelik besprekingvorm in en stuur dit saam met die bewys van inbetaling van jou deposito soos aangedui word.