

Op ‘n Franse kanaalboot saam met Dana Snyman
16 – 26 Mei 2021



R39 950
11
dae
16 to 26 Mei 2021
Die toer in die Burgundy-gebied, suid van Parys strek tussen St Jean de Losne en Louhans. Ons gaan wyn proe, ons gaan stap deur plattelandse Franse dorpies, vaar deur sluise, kuier saam met Dana, luister na sy boek-voorlesings, gesels oor boeke, lekker eet en saamkuier op die dek van ‘n kanaalboot. Dana is nie net die bekende skrywer van verskeie boeke met sy mensraak, storievertel-reisverhale nie, hy is ‘n mense mens wat graag saamkuier en –gesels. Terwyl ons met ‘n glasie Franse wyn in die hand op die dek van ‘n kanaalboot sit, trek sanger Nardus du Plooy sommer ook sy kitaar nader om die idilliese, Franse sonsondergang musikaal in te kleur...
Na die kanaalvaart slaap ons ‘n nag in die mosterdstad, Dijon, voor ons terugvlug na Suid-Afrika.
Kom saam en ervaar ‘n vakansie wat te uniek en spesiaal is om te beskryf. Ons vaar met vyf bote saam in ‘n konvooi. Die Le Boat-bote is spoggerig met ‘n badkamer vir elke kajuit, netjiese kombuis met stoof en yskas, en ‘n lekker kuierplek in die eetkamer-kombuis OF nog beter, bo-op die dek.
Vir ‘n week lank vaar ons in die pragtige Burgundygebied, verby dorpies en dorpe, stop ‘n paar keer per dag en stap rond, proe Franse wyn en kuier op ons boot se dek terwyl ons by die wêreld verby vaar… wingerde, landerye, chateau’s, ens. Saans sit ons op die dek met ‘n glasie in die hand en geniet lekker kuier en gesels, terwyl die son ondergaan.
Ons is die kapteine van ons eie boot. Met elke vasmeer en deur elke sluis sit almal hand by met die toue. Elkeen wat wil kry ‘n kans om die boot te bestuur. Ons kry beurte om aandete te maak. Ontbyt en middagetes is spontaan en meer informeel.
Elke dag se drie selfmaaketes, retoer vliegkaartjies, een nag se verblyf in Dijon met aandete en ontbyt, asook die boot en alle ander vervoer is ingesluit by die toerprys.
Hier ervaar ons die wêreld en Franse platteland op ‘n manier wat slegs ‘n handjievol Suid-Afrikaners al gedoen het… al droom byna almal daarvan… En dit saam met die bekroonde skrywer, Dana Snyman, asook die hoofsanger van die Kaalkop Waarheid, Nardus du Plooy.
Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za
Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande.


Koste: R39 950 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R44 950)
Toerprogram:
16 Mei Vry
Vertrek uit SA
17 Mei Sat
Aankoms Parys en direk na St Jean de Losne – op boot
17 – 24 Mei op die boot
Die ongelooflike week op die kanaalboot in die Burgundy-gebied, tussen St Jean de Losne en Louhans.
24 Mei Sa
Af van boot en bus na Dijon. Res van die dag vrye tyd in Dijon. Afsluit-ete saam.
25 Mei So
Oggend vrye tyd in Dijon. Vervoer na Parys vir terugvlug na SA
26 Mei Ma
Aankoms SA
Ingesluit:
Retoervlug na Frankryk. Hotelontbyt. Een nag verblyf in Dijon met een aandete. Busvervoer na en van hotel/Le Boat-basisse. Sewe dae op ‘n kanaalboot – Alle selfmaaketes ingesluit. Elke boot ontvang ‘n ruim begroting.
Almal maak om die beurt aandete op die boot en koop elke dag vars baguette, kaas, wyn en ander voorraad van die omgewing om die spens aan te vul. Die res van die bootetes is informeel. Elke boot het 3 kajuite met sy eie badkamer. Ons vaar saam in ‘n konvooi. Jy kan dus as individu saamgaan in jou eie kajuit, of twee vriende kan ‘n kajuit deel of meer vriende kan saam ‘n boot deel en saam met ons in konvooi vaar. Ons bestuur ons eie bote. Geen lisensie is nodig nie. Jy word in 15 minute touwys gemaak. Toilette en storte op elke boot, netjiese kombuis en heerlike kuierplek binne en op die dek. As deel van die ervaring moet jy soms help met die toue as ons deur die sluise gaan of waar ons moet vasmeer om deur die dorpies te kuier.
Om jou plek te verseker, vul asseblief dadelik besprekingvorm in en stuur dit saam met die bewys van inbetaling van jou deposito soos aangedui word.