top of page

Net-vir-VROUE-wegbreek op ‘n Franse kanaalboot

Picture2_edited.jpg

Mandi du Plooy-Baard, aktrise (tans op Getroud met Rugby as Lienkie) en TV-aanbieder, nooi jou saam met haar op ‘n eksklusiewe kanaalboot-wegbreek in Frankryk NET vir vroue.

2 - 13 Mei 2022

Toerprys:  R36 950 

Per persoon wat deel.

R41 780 vir enkel-kajuit/ hotelkamer.

R5 000 deposito

Net-vir-Vroue-wegbreek op ‘n Franse-kanaal

 

Kom saam en ervaar ‘n vakansie wat te uniek en spesiaal is om te beskryf. Ons vaar met vier bote saam in ‘n konvooi. Die Le Boat-bote is spoggerig met ‘n badkamer vir elke kajuit, netjiese kombuis met stoof en yskas, en ‘n lekker kuier plek in die eetkamer-kombuis OF nog beter, bo-op die dek. 

 

Ons slaap twee nagte in en besoek die ongelooflike kasteelstad, Carcassonne, wat dateer uit die 6de eeu na Christus.   Dis ook hier waar ons ‘n spoggerige Michelin aand-ete geniet. 

 

Daarna vertrek ons na Port Cassafieres waar ons ons boot kry. Vir ‘n week lank vaar ons op die pragtige Canal du Midi, verby dorpies en dorpe, stop ‘n paar keer per dag en stap rond, proe Franse wyn en kuier op ons boot se dek terwyl ons by die wêreld verby vaar… wingerde, landerye, chateau’s, ens.   Saans sit ons op die dek met ‘n glasie in die hand en geniet lekker kuier en gesels, terwyl die son ondergaan. 

 

Ons is die kapteine van ons eie boot. Met elke vasmeer en deur elke sluis sit almal hand by met die toue. Elkeen wat wil kry ‘n kans om die boot te bestuur. Ons kry beurte om aandete te maak. Ontbyt en middagetes is spontaan en meer informeel. 

 

Hier ervaar ons die wêreld en Franse platteland op ‘n manier wat slegs ‘n handjievol Suid-Afrikaners al gedoen het… al droom byna almal daarvan…

 

“Wie het gesê ons kan nie so iets sonder die manne doen en geniet nie? Watch ons!”

 

 

 

Skakel met my as jy meer inligting benodig: 083 787 1234  marius@fundipro.co.za

 

 
bottom of page